Skool Geskiedenis, Skoollied & Terreinplan

Ons skool se kortlikse geskiedenis

Op 18 Januarie 1956 word die skool amptelik geopen met ‘n leerlingtal van 283.

Tot Augustus 1960 word tydelike asbesgeboue op die hokkieveld onder Weirstraat gebruik as die skoolterrein.

In die 1960’s vind verskeie ontwikkelings plaas; die drie verdieping hoofgebou word betrek, die rugby en tennisbane word gebou. In 1973 word die boonste rugby veld se pawiljoen ingewy. In die laat 1980’s word die hoofpawiljoen gebou om tydens atletiekbyeenkomste te gebruik.

In 1996 vier ons die skool se 40ste bestaansjaar, dit is ook die jaar waarin spreiligte middag-aand sportgeleenthede moontlik maak. Die Marabu-onthaallokaal word in 2006 in gebruik geneem saam met die herdenking van die skool se 50ste verjaarsdag.

Skoollied

Net soos die sap wat telkens styg
uit die donker aard gesoog
deur wortel, stam en kale twyg
na bowe na die hemelboog
Met goue kroon van bloeiseldrag
die rotsig-rant te klee-
So streef ons ook met durf en mag
en krag geput uit volksverleë.
Te neem uit hierdie bron van lig
van alles wat dit bied.
Standvastig sonder swenk of swig
of gif of guns te vra
deur steeds ons plig en deel te doen.
Die skool se naam
Die skool se faam
STANDVASTIG, trou bewaar.

Feeslied

Hierdie is die jaar wat ons liewe skool verjaar,
en die jaar word jy 60.
Alles wat ons weet het ons hier by jou geleer
en is diep in ons gevestig.

Jy het ons geleer van liefde oh oh
Jy het ons geleer van hoop oh oh,
jy het ons geleer om spore te los wat skitter.

Dankie Hoërskool Tuine vir die wonderlike tyd.
Vir jou omgee, diens en opoffering het ons baie dankbaarheid,
vir al die jare wat jy al ons kennis dra, ooh jy is ons baken van hoop en ons sal myle vir jou loop.

Geskryf deur Me Irene Enos, 2016

Terrein