VIR DIE NUUTSTE GEBEURE VOLG ONS OP FACEBOOK (Kliek hier) OF LAAI DIE SKOOL SE KOMMUNIKEERDER AF (Kliek Hier)

Skool met die beste gees

Dit is amptelik! Hoërskool Tuine word aangewys as die skool met die beste gees vir 2016. Hiep hiep hoora!

2 Van Hoërskool Tuine finaliste!

Die Junior Stadsraad van Pretoria se uitdunne vir Mnr en Mej JCC (soos ons Mnr en Mej Tuine...maar net van 36 skole oor Pretoria) was op 22 Oktober 2016.

Net 15 seuns en 15 dogters is gekies as finaliste. Ashley Coetzee en Adriaan Swart, twee van ons graad 11-leerlinge, het deurgedring en is finaliste wat volgende jaar gaan deelneem.

ʼn Woord vanaf mnr. Tredoux

Vrydag, 29 Julie 2016 was my laaste dag in die onderwys, na ʼn loopbaan van 38 jaar en 7 maande.
Dit het in 1978 te Hoërskool FH Odendaal begin. Daarna het ek vir 2 jaar en 6 maande by Oos-Moot ʼn draai gemaak, en is sedert 1997 hoof by Hoërskool Tuine.

My jare in die onderwys, en spesifiek hier plaaslik by Tuine, was baie geseënd gewees. Ek het baie dinge tydens hierdie tydperk beleef, en my onderwysloopbaan was een groot hoogtepunt.
Dit was vir my ʼn voorreg om in hierdie gemeenskap te kon werk en dien. Ek sal met groot dankbaarheid altyd terugdink aan die ondersteuning van ouers, personeel en leerders van hierdie besonderse skool.
Hoërskool Tuine sal altyd ʼn plekkie in my hart hê. Dit was aangenaam om op ons pragtige terrein te kon rondstap, langs die sportvelde te ondersteun, of in die saal te wees met een of ander kulturele aktiwiteit.

Elke leerder, en toekomstige leerder, moet hard werk saam met die personeel om Tuine nog groter hoogtes te laat bereik. Indien elkeen ten volle julle deel doen, sal die skool van krag tot krag gaan. Die positiewe betrokkenheid van elke leerder sal maak dat hierdie potensiaal verwesenlik sal word.

Mag Hoërskool Tuine van krag tot krag gaan en julle sal altyd in my gebede wees.
ʼn Laaste gedagte: Leef voluit, en geniet dit wat julle doen, soos verwoord in Prediker 11:9
“ Jy wat jonk is, moet vreugde vind in jou jeug en jou jong dae ten volle geniet ....
Maar moenie vergeet dat God van jou rekenskap sal eis oor alles nie. “

Ons Skool

Op 18 Januarie 1956 word die skool amptelik geopen met 'n leerlingtal van 283.  

Tot Augustus 1960 word tydelike asbesgeboue op die hokkieveld onder Weirstraat gebruik as die skoolterrein.
 
Lees meer

D6 Kommunikeerder

Laai die kommunikeerder hier af.

Kliek hier

Kontak Ons

Hoërskool Tuine
Tel nr: 012 379 6181 / 012 379 0410
Faks nr: 012 377 3899 / 086 564 4155
E-posadres: admin@hstuine.co.za (Administrasie)
Adres: 255 Bornmanstraat, Pretoria Tuine, South Africa

Layout Type

Presets Color

Background Image